Opgedateer: 3 Februarie 2023

    

 
 

Kaleidoskoop

Onthou jy die dae, toe jy as kind, plat op die rug lę en kyk het in die kaleidoskoop?

Die kleure en gedurige verandering van vorms was fassinerend en pragtig. Later het die werking en die rol van die spieëltjies in die ronde buis mens weer en weer laat probeer om dieselfde prent as die vorige een te sien. Dit was ure se genot en dae se droom.

Vir die gelowige is die lewe net so veranderlik en aan die gang en aan die beweeg soos die stukkies glas in die kaleidoskoop en die kleure wissel van dag na dag. Sommige seisoene in mens se lewe is rustig, selfs amper vervelig, maar ander tye gebeur dinge wat mens se lewe impakteer en 'n rigtingsverandering daaraan gee. Dit kan swaar dinge wees soos die dood van 'n geliefde, die afskeid van vriende, die verloor van 'n pos of geleentheid, die skade van 'n ongeluk of die lyding van 'n lang en ernstige siekbed. Daar kan ook wonderlike dinge gebeur soos die geboorte van 'n kindjie, die ontvang van 'n groot en heerlike geskenk, die oopgaan van 'n geleentheidsdeur by 'n werk of die behaal van 'n beter kwalifikasie.

Die Christelike lewe is vol kleur en veranderlikes, maar die manier hoe ons dit beleef en verwerk en daarmee woeker, geskied altyd binne die kaleidoskoopsirkel van ons geloof in die Here Jesus, die Bybel en die kragtige werking van bekering en verlossing in ons lewens.

By Kaleidoskoop gaan daar gepoog word om van tyd tot tyd onderwerpe, wat alledaags voorkom, te beskou vanuit die Christelike perspektief. Die Bybel sal die hoofbron bly vir die ondersoek van die verskillende onderwerpe.

Besoek Kaleidoskoop se Werfkaart vir 'n volledige lys van die inhoud van die webtuiste.

"Hoor, Israel, die HERE onse God is 'n enige HERE. Daarom moet jy die HERE jou God liefhę met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag. En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lę en as jy opstaan. Ook moet jy dit as 'n teken bind op jou hand, en dit moet as 'n voorhoofsband tussen jou oë wees. En jy moet dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte skrywe."

Deuteronómium 6:4-9

 

 

'n Christen ...

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

Swallow Software

 Engel met kruis

Bekering

Bybelteks

Bible Text

ARK Webontwerp © 2007-2023  ARK Web Design © 2007-2023