Kaleidoskoop
Beweeg muis oor prentjie om kaleidoskoop te sien
Onthou jy die dae, toe jy as kind, plat op die rug lę en
kyk het in die kaleidoskoop?
Die kleure en gedurige verandering van vorms was fassinerend en pragtig.
Later het die werking en die rol van die spieëltjies in die ronde buis
mens weer en weer laat probeer om dieselfde prent as die vorige een te sien.
Dit was ure se genot en dae se droom.
Vir die gelowige is die lewe net so veranderlik en aan
die gang en aan die beweeg soos die stukkies glas in die kaleidoskoop en
die kleure wissel van dag na dag. Sommige seisoene in mens se lewe is
rustig, selfs amper vervelig, maar ander tye gebeur dinge wat mens se
lewe impakteer en 'n rigtingsverandering daaraan gee. Dit kan swaar
dinge wees soos die dood van 'n geliefde, die afskeid van vriende, die
verloor van 'n pos of geleentheid, die skade van 'n ongeluk of die
lyding van 'n lang en ernstige siekbed. Daar kan ook wonderlike dinge
gebeur soos die geboorte van 'n kindjie, die ontvang van 'n groot en
heerlike geskenk, die oopgaan van 'n geleentheidsdeur by 'n werk of die
behaal van 'n beter kwalifikasie.
Vir die Christen is die lewe vol kleur en veranderlikes,
maar die manier hoe ons dit beleef en verwerk en daarmee woeker, geskied
altyd binne die kaleidoskoopsirkel van ons geloof in die Here Jesus, die
Bybel en die kragtige werking van bekering en verlossing in ons lewens.
By Kaleidoskoop gaan daar gepoog word om van tyd tot tyd onderwerpe, wat
alledaags voorkom, te beskou vanuit die Christelike perspektief. Die
Bybel sal die hoofbron bly vir die ondersoek van die verskillende
onderwerpe.
Besoek Kaleidoskoop se Werfkaart vir 'n
volledige lys van die inhoud van die webtuiste.
"Hoor, Israel, die HERE onse God is 'n enige HERE. Daarom
moet jy die HERE jou God liefhę met jou hele hart en met jou hele siel
en met al jou krag. En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in
jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as
jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lę en as jy opstaan.
Ook moet jy dit as 'n teken bind op jou hand, en dit moet as 'n
voorhoofsband tussen jou oë wees. En jy moet dit op die deurposte van
jou huis en op jou poorte skrywe."
Deuteronómium
6:4-9
 |