Kaleidoskoop: Veelkleurige banier

 

TuisBig BrotherGoue handdrukHandevatMoederaardeWine and Dine

 

Opgedateer: 8 Oktober 2007

Gratis Advertensies

Soek in hierdie webwerf  
Enige WoordAlle WoordeUitdrukking

 

 

 

 

 

Konsepte: Big Brother (Groot broertjie)

Wat maak 'n Christen met allerhande gedagtes, idees en norms wat daagliks opduik en wat sy of haar lewe probeer binnedring of wil manipuleer? Waar kry mens die waarheid en regte antwoorde en vanwaar kom daar raad? Die maatstaf vir die gelowige bly Gods Woord. Die Bybel belig alle aspekte van die mens se lewe, hetsy direk, of oorkoepelend en oorsigtelik. Dit bly egter die gelowige se dure plig om te bid, die Bybel te bestudeer en die Heilige Gees te vertrou om mens te lei en te leer.

Vir ons volledige inleiding sien: Konsepte: Volledige Inleiding

Konsepte wat onder die soeklig kom is:

Big Brother

Ons almal weet hoe gaande baie mense deesdae is oor die begrip van grootbroertjie. Talle programme wat op hierdie beginsel berus, het soos veldbrande oor die aardbol opgespring by TV kanale. Kykers sit soos standbeelde vasgenael by die kassie, in 'n poging om alles wat nou glo in die geheim gedoen en gesê word, mooi te beskou. En dit, terwyl belangriker take ophoop. Die mens is 'n snaakse en nuuskierige wese en die beheptheid met ander se doen en lates was nog altyd deel van die mensdom en sy strewe om meer te weet en kommunikasie en idees uit te bou.

Die gedagte van iemand wat mens dophou en alles wat jy doen gedurig beskou en dalk selfs in die fynste besonderhede dokumenteer, is nie iets nuuts of 'n Hollywood-uitvindsel nie. Daar is bv. skrywers soos Eric A. Blair, beter bekend as George Orwell, van Animal Farm-faam, wat in sy boek getitel: 1984, wat reeds so vroeg as 1945 gepubliseer was, die gedagte van 'n groter mag wat mense dophou, hanteer het. Die sg. "big brother is watching you"-begrip kom dan ook uit daardie boek.

Maar het jy geweet dat ons ook 'n ander Groot Broer het wat ons dop hou en weet wat ons doen? Jesus weet en sien alles wat ons doen. Nie net dit wat ons hardop praat of wat ons doen nie, maar ook dít wat in ons innerlike aangaan. Die gedagtes en emosies en wat ons in ons siel en gees beleef. Die Here is almagtig en sien die voorneme van die hart, ons innerlike karakter en gemoed. Hy loer nie net deur 'n eng kameralensie en redigeer die film of skote soos 'n filmbaas nie. Dit wat ons doen en sê en dink is vir Hom nog meer deursigtig as helder glas.

"want as ons hart ons veroordeel, God is meer as ons hart, en Hy weet alles."
1 Johannes 3:20

 

 

Tuis
Big Brother
Goue handdruk
Handevat
Moederaarde
Wine and Dine

Op

TuisBig BrotherGoue handdrukHandevatMoederaardeWine and Dine

 

ADSA Gratis advertensies vir die Christen-gemeenskap

ADSA Gratis Advertensies

Bybel vir aflaai: Engel met kruis

ADSA vir Klein Advertensies

ARK Webontwerp © 2007

Bybel vir Aflaai * Download Bible