Konsepte: Goue handdruk
| Wat maak 'n Christen met allerhande
gedagtes, idees en norms wat daagliks opduik en wat sy of
haar lewe probeer binnedring of wil manipuleer? Waar kry
mens die waarheid en regte antwoorde en vanwaar kom daar
raad? Die maatstaf vir die gelowige bly Gods Woord. Die
Bybel belig alle aspekte van die mens se lewe, hetsy direk,
of oorkoepelend en oorsigtelik. Dit bly egter die gelowige
se dure plig om te bid, die Bybel te bestudeer en die
Heilige Gees te vertrou om mens te lei en te leer.
Vir ons volledige inleiding sien:
Konsepte: Volledige
Inleiding |
Konsepte wat onder die
soeklig kom is:

Die afgelope jare was die aflegging van personeel in
Suid-Afrika aan die
orde van die dag. In meer gevalle as nie, is verskeie belaglike redes
vir die afleggings gegee en is talle sg. goue handrukke uitgegee. Ons weet dat
die meeste van sulke goue handdrukke net die maatskappye, waar
dit gebruik was, bevoordeel het en dat dit niks vir die personeellid
beteken het nie. Baie van die goue handdrukke was suiwer om skewe
politiese redes. Baie personeellede was ook nog veels te jonk en
energiek om reeds na die weivelde van aftrede gestuur te word. Senior
mense het soveel ervaring, kennis en wysheid, dat dit eintlik
ongelooflik is dat instansies nie kan insien hoeveel skade hulle op die
lang duur aan die samelewing doen, deur mense bloot net 'n goue handdruk te gee nie.
Vir die persoon wat die afgeskeepte pakket kry, is die
gebeurtenis dikwels ook baie nadelig en sommiges ly daarna gedurig aan
depressie en ander siektes.
Beste vriend of vriendin, is jy so 'n persoon wat 'n goue
handdruk gekry het? Voel jy asof jy niks meer werd is vir die samelewing
nie? Of alles oor en verby is en die lewe tot 'n doodloopstraat gekom
het? Weet jy, die Here sien en weet van jou nood, seer en van die
verwerping. Hy is nie te besig vir jou gebede nie. Sy oor is nie te doof
om te hoor nie.
Hy kan jou help om nou iets nuuts, groots en wonderliks
te doen met hierdie ontydigheid in jou lewe. Ek bid vandag dat die Here
nuwe gedagtes, nuwe energie en vaste geloof in Hom weer van nuuts af in jou hart sal
kom ontwaak en dat jy weer vars stuwing sal kry om jou idees en planne
en lewe uit te leef tot Sy eer.
Daar is lande in die wêreld waar seniors, met hulle
geweldige skatkamer van kennis en insig en wysheid, geëer en waardeer
word. Dalk woon jy nie in so 'n omgewing nie. Dalk lyk moontlikhede vir
nuwe projekte vir jou belaglik. Dalk voel jy uitgeput en oorlaai van al
die gebeure. Onthou dan net vir Abraham en Sara. Dink ook bietjie aan
mense soos Kaleb en Moses. Hulle was bejaardes, wat nog baie dinge moes
takel en doen en voltooi voor hul dood.
By God kry jy meer as 'n goue handdruk. Hy help mense op
uit hulle swakhede en gesukkel en ek nooi jou om tot eer van Sy naam
voluit te leef.
"Waarom sê jy dan, o Jakob, en spreek jy, o Israel: My
weg is vir die HERE verborge, en my reg gaan by my God verby? Weet jy
dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? ‘n Ewige God is die HERE, Skepper
van die eindes van die aarde;
Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen
deurgronding van sy verstand nie. Hy gee die vermoeide krag en
vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie. Die jonges word
moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs; maar die wat op die HERE
wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle
hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie."
Jesaja 40:27-31

"In the evening withhold not thy hand"
Die onderstaande aanhaling is vanaf die aand-oordenking
(20 September) van
C. H. Spurgeon.
“In the evening withhold not thy hand.” ...Ecclesiastes
11:6
In the evening of the day opportunities are plentiful:
men return from their labour, and the zealous soul-winner finds time to
tell abroad the love of Jesus. Have I no evening work for Jesus? If I
have not, let me no longer withhold my hand from a service which
requires abundant labour. Sinners are perishing for lack of knowledge;
he who loiters may find his skirts crimson with the blood of souls.
Jesus gave both his hands to the nails, how can I keep back one of mine
from his blessed work? Night and day he toiled and prayed for me, how
can I give a single hour to the pampering of my flesh with luxurious
ease? Up, idle heart; stretch out thy hand to work, or uplift it to
pray; heaven and hell are in earnest, let me be so, and this evening sow
good seed for the Lord my God.
The evening of life has also its calls. Life is so short
that a morning of manhood’s vigour, and an evening of decay, make the
whole of it. To some it seems long, but a four-pence is a great sum of
money to a poor man. Life is so brief that no man can afford to lose a
day. It has been well said that if a great king should bring us a great
heap of gold, and bid us take as much as we could count in a day, we
should make a long day of it; we should begin early in the morning, and
in the evening we should not withhold our hand; but to win souls is far
nobler work, how is it that we so soon withdraw from it? Some are spared
to a long evening of green old age; if such be my case, let me use such
talents as I still retain, and to the last hour serve my blessed and
faithful Lord. By his grace I will die in harness, and lay down my
charge only when I lay down my body. Age may instruct the young, cheer
the faint, and encourage the desponding; if eventide has less of
vigorous heat, it should have more of calm wisdom, therefore in the
evening I will not withhold my hand.
 |