Kaleidoskoop: Veelkleurige banier

 

TuisBig BrotherGoue handdrukHandevatMoederaardeWine and Dine

 

Opgedateer: 8 Oktober 2007

Gratis Advertensies

Soek in hierdie webwerf  
Enige WoordAlle WoordeUitdrukking

 

 

 

 

 

Konsepte: Handevat

Wat maak 'n Christen met allerhande gedagtes, idees en norms wat daagliks opduik en wat sy of haar lewe probeer binnedring of wil manipuleer? Waar kry mens die waarheid en regte antwoorde en vanwaar kom daar raad? Die maatstaf vir die gelowige bly Gods Woord. Die Bybel belig alle aspekte van die mens se lewe, hetsy direk, of oorkoepelend en oorsigtelik. Dit bly egter die gelowige se dure plig om te bid, die Bybel te bestudeer en die Heilige Gees te vertrou om mens te lei en te leer.

Vir ons volledige inleiding sien: Konsepte: Volledige Inleiding

Konsepte wat onder die soeklig kom is:

Handevat

Hoor jy dit ook gedurig? Ons moet nou hande vat. Hande vat sal nou die beste opsie wees, ens, ens. Die konsep van hande vat is dalk 'n oulike klein sentiment, maar wat het geword van Boekevat? Hoor jy nog deesdae iets daarvan? Die gesinne of selfs individuë wat deesdae nog daagliks Bybel lees en bid en soggens en saans Boekevat hou, is nie meer die norm nie. Daar is dan nou glo baie beter maniere om tyd te gebruik.

Dis ook opmerklik as daar dan nou so hande gevat moet word en tegemoet gekom moet word, hoe daar gedurig op Christene se knoppie gedruk word om verdraagsaam te wees. Om kompromië te maak en Christelike beginsels te buig of oorboord te gooi. Die druk en  verwagting van tegemoetkoming is dan ook dikwels vir iets wat die Christelike geloof afkraak, Christenskap probeer uitkalwe, of die Christelike geloof te probeer verkleineer. Doen jy dit nie, word jy uitgekryt as die grootste bekrompe, verkrampte in die heelal! En Pietie-Slaphandjies wat ons is, laat ons dit maar dikwels sommer so sonder steun of kreun begaan.

Wel, daar is 'n groot verskil tussen verdraagsaamheid en lamsakkigheid. Christenskap is kosbaar en die grootste skat wat ons het. Miljoene mense word daagliks vervolg vir hul geloof in Jesus en baie sterf vir die voorreg om hulself Christen te noem. Martelare het deur die eeue hul kosbare bloed gegee, sodat ons sekere vryhede binne die Christelike norms kan hê. Moet dit sommer net so goedsmoeds weggegooi word vir 'n soetsappige ideetjie soos handevat en al die reklame akkolades wat daarmee in triomftogte en basuingeklank gepaard gaan? Stellig nie.

"Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie,
want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid,
en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?"
2 Korinthiërs 6:14

"Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader met die heilige engele."
Markus 8:38

Ek sou sê daar behoort baie beslis veel meer aandag aan Boekevat gegee te word as aan al die gehandevattery.

 

 

 

 

Tuis
Big Brother
Goue handdruk
Handevat
Moederaarde
Wine and Dine

Op

TuisBig BrotherGoue handdrukHandevatMoederaardeWine and Dine

 

ADSA Gratis advertensies vir die Christen-gemeenskap

ADSA Gratis Advertensies

Bybel vir aflaai: Engel met kruis

ADSA vir Klein Advertensies

ARK Webontwerp © 2007

Bybel vir Aflaai * Download Bible