Konsepte
 |
Inleiding
Mens word daagliks, waarskynlik uurliks,
doelgerig
gekonfronteer met nuwe begrippe, verrassende of gekke idees, ou bygelowe,
die walglike en afstootlike tentoonstelling van immoraliteite en allerlei soorte konsepte.
Dit stroom van alle oorde en die media dra baie by tot die
verkondiging van gedagtes, idees en inligting, en natuurlik
ook minder goeie dinge soos propaganda, tot voordeel van hul
eie agenda. Van net mooi oraloor word Christene oorspoel en
bepraat met snaakse, skokkende en kontroversiële onderwerpe.
Baie daarvan gemik daarop om die naïewe luisteraar se oordeel
te beïnvloed en hul geldbronne te misbruik.
|
| Sulke dinge kan die gelowige soms moeg en
oorlaai en selfs frustreerd laat, maar die Bybel moet ons
rigsnoer, maatband en kompas bly waarvolgens ons gebeure,
situasies en idees aanhou bly meet. |
| Dít moet die bron bly waaruit ons put, al
sou 'n horde bendes teen ons skree dat ons soort oerdiere
lankal uitgesterf is. Dat ons oudmodies, eng van denke,
oorversigtig, hiper-konserwatief, naïef en so suur soos
suurlemoene en lemmetjies is. Die waarhede uit die
Bybelskatkis moet die enigste perspektief bly waaruit ons
waardes, konsepte, idees, gedagtes en gebeure benader. |
 |
Enkele sulke konsepte en hul
vergelykende aspekte met betrekking tot ons Protestants-Christelike
waardes, word hier van nader beskou.
|