Konsepte: Moederaarde
| Wat maak 'n Christen met allerhande
gedagtes, idees en norms wat daagliks opduik en wat sy of
haar lewe probeer binnedring of wil manipuleer? Waar kry
mens die waarheid en regte antwoorde en vanwaar kom daar
raad? Die maatstaf vir die gelowige bly Gods Woord. Die
Bybel belig alle aspekte van die mens se lewe, hetsy direk,
of oorkoepelend en oorsigtelik. Dit bly egter die gelowige
se dure plig om te bid, die Bybel te bestudeer en die
Heilige Gees te vertrou om mens te lei en te leer.
Vir ons volledige inleiding sien:
Konsepte: Volledige
Inleiding |
Konsepte wat onder die
soeklig kom is:

Die uitdrukkings Moederaarde en Moeder Natuur is iets wat deesdae maar al
te veel gehoor word, veral in die konteks van omgewingsbewaring.
Moederaarde is 'n heidense uitdrukking wat verwys na godinne van
verskeie legendes. Dit speel ook deesdae 'n rol in baie van die nuwe
godsdienste of bewegings wat ontstaan.
As Christene weet ons dat God die Skepper is, dat Hy nie
Sy skepping vergeet het nie, maar ook aan die mens opdrag gegee het om
die aarde te versorg. Christene het niks te make met Moederaarde, Moeder
Natuur of soortgelyke bygelowe nie. Waarom dan nog gedurig van "haar" praat en na
"haar" verwys asof sy kragte
het en bestaan of betekenis het?
Ons hemelse Vader beheer die aarde, hemel en heelal. Vanaf
die kleinste atoompie tot die uiters verre planete in onsigbare
heelalle in die buitenste ruimtes.
"Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek
God is,
en daar is geen ander nie;
Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie"
Jesaja 46:9

|