|
|
| |
|
|
 |
Levítikus 10:9
Moenie wyn of sterk drank drink nie, jy of jou seuns
saam met jou as julle in die tent van samekoms ingaan, dat
julle nie sterwe nie; ‘n ewige insetting is dit vir julle
geslagte; |
| |
|
|
 |
Deuteronómium 6:4-9
Hoor, Israel, die HERE onse God is ‘n enige HERE. Daarom
moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou
hele siel en met al jou krag. En hierdie woorde wat ek jou
vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou
kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en
as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan. Ook moet
jy dit as ‘n teken bind op jou hand, en dit moet as ‘n
voorhoofsband tussen jou oë wees. En jy moet dit op die
deurposte van jou huis en op jou poorte skrywe. |
| |
|
|
 |
Psalm 116:13
Ek sal die beker van verlossinge opneem en die Naam van die
HERE aanroep. |
| |
|
|
 |
Psalm 119:54
U insettinge was gesange vir my in die huis van my
vreemdelingskap. |
| |
|
|
 |
Spreuke 20:1
Die wyn is ‘n spotter, en sterk drank ‘n lawaaimaker; en
elkeen wat daardeur bedwelmd raak, is nie wys nie. |
| |
|
|
 |
Jesaja 40:27-31
Waarom sê jy dan, o Jakob, en spreek jy, o Israel: My weg is
vir die HERE verborge, en my reg gaan by my God verby? Weet
jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? ‘n Ewige God is
die HERE, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie
moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand
nie. Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir
die wat geen kragte het nie. Die jonges word moeg en mat, en
die jongmanne struikel selfs; maar die wat op die HERE wag,
kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende;
hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word
nie mat nie. |
| |
|
|
 |
Jesaja 46:9
Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God
is,
en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand
soos Ek nie; |
| |
|
|
 |
Markus 8:38
Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam in hierdie
owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die
mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy
Vader met die heilige engele. |
| |
|
|
 |
Lukas 15:3-7
Toe vertel Hy aan hulle hierdie gelykenis en
sê: Watter man onder julle wat honderd skape het en een van
hulle verloor, laat nie die nege en negentig in die woestyn
staan en gaan agter die een aan wat verlore is totdat hy dit
kry nie? En as hy dit kry, sit hy dit met blydskap op sy
skouers. En as hy by die huis kom, roep hy sy vriende en
bure bymekaar en sê vir hulle: Wees saam met my bly, want ek
het my skaap gekry wat verlore was. Ek sê vir julle dat daar
net so blydskap sal wees in die hemel oor een sondaar wat
hom bekeer, meer as oor nege en negentig regverdiges wat die
bekering nie nodig het nie. |
| |
|
|
 |
Johannes 3:16
Want so lief het God die
wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in
Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. |
| |
|
|
 |
1
Korinthiërs 3:15-16
Weet julle nie dat julle ‘n tempel van
God is en die Gees van God in julle woon nie? As iemand die tempel
van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig,
en dit is julle. |
| |
|
|
 |
2 Korinthiërs 6:14
Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie,
want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die
ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die
duisternis? |
| |
|
|
 |
Efésiërs 5:18
Moenie dronk word van wyn nie—daarin is losbandigheid;
maar word met die Gees vervul. |
| |
|
|
 |
1 Timótheüs 3:8
Net so moet die diakens waardig wees, nie uit twee monde
spreek nie, nie verslaaf aan wyn nie, geen vuilgewinsoekers
nie, |
| |
|
|
 |
2
Timótheüs 3:16-17
Die hele Skrif is deur God ingegee en is
nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot
onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God
volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. |
| |
|
|
 |
2
Timótheüs 4:1-2
Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus
Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy
verskyning en sy koninkryk: verkondig die woord; hou aan
tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle
lankmoedigheid en lering; |
| |
|
 |
1 Johannes 3:20
want as ons hart ons veroordeel, God is meer as ons hart, en
Hy weet alles. |
| |
|