Opgedateer: 3 Februarie 2023

    

 

 

 

 

 

Konsepte: Wine and Dine

Wat maak 'n Christen met allerhande gedagtes, idees en norme wat daagliks opduik en wat sy of haar lewe probeer binnedring of wil manipuleer? Waar kry mens die waarheid en regte antwoorde en vanwaar kom daar raad? Die maatstaf vir die gelowige bly Gods Woord. Die Bybel belig alle aspekte van die mens se lewe, hetsy direk, of oorkoepelend en oorsigtelik. Dit bly egter die gelowige se ernstige plig om te bid, die Bybel te bestudeer en die Heilige Gees te vertrou om mens te lei en te leer.

Vir ons volledige inleiding sien: Konsepte: Volledige Inleiding

Konsepte wat onder die soeklig kom is:

Wine and Dine

Kaleidoskoop: VrugteDaar het 'n geslag grootgeword wat leef asof mens nie kan eet as jy nie kan wyn, bier of ander sterk drank daarmee saam gebruik nie. 'n Heerlike en smaaklike ete is 'n aangename manier om iets te vier, (hoewel ook beslis nie die enigste manier nie), maar waarom die gedurige aandring op die gebruik en oormatige verorbering van drank? Waarom kroeg toe hardloop om geleenthede te gaan vier en waarom kaste en kaste drank gaan koop, terwyl die geldjies in die huishouding juis so eina min is?

Daar is sommiges wat dan ook inderdaad die Bybel wil probeer gebruik in 'n poging om hierdie dranksug-sonde te probeer verontskuldig. So haal hulle gedurig aan en sê dat daar baie in die Bybel gepraat word van wyn. Ja, daar word ook gepraat oor moord. Dit beteken nie dat die Bybel dit goedpraat nie. Dit is waar dat daar in die Bybel gedeeltes is oor wyn, maar die wyn wat algemeen gebruik was in Jesus se dae het waarskynlik baie verskil van dié sterk alkoholiese soorte wat deesdae aangebied word. Daar is geen twyfel dat die oormatige gebruik van sterk drank veroordeel word nie. Paulus sê bv. "Moenie dronk word van wyn nie—daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul." (Efésiërs 5 vers 18)

Aäron en sy seuns mag nie wyn of sterk drank gedrink het nie (Levitikus 10). Salomo sê tereg in Spreuke 20 vers 1: "Die wyn is 'n spotter, en sterk drank 'n lawaaimaker; en elkeen wat daardeur bedwelmd raak, is nie wys nie." Dit word ook afgekeur dat leiers in die kerk hulle vergryp aan drank. (1 Timótheüs 3:8)

God woon in ons, sê 1 Korinthiërs 3. Hoe kan ons ons daaglikse take en bediening ten volle en na behore verrig as ons liggame nog besoedel en deurdrenk is van gister se "lekker" bier en braai? Is alles wat ons doen dan nie maar net bier- en wynpraatjies, as ons ons so vergryp aan alkohol dat dit nog vir dae na die "party" soos oulap aan die asem bly hang nie? En wie ly onder dié slegte gewoonte? Die onskuldige kindertjies, die huweliksmaat en die vriende en familie wat eintlik eerder hulp en Christelike ondersteuning nodig het, nie waar nie?

Wie baat by hierdie gesuipery? Die groot geldbase wat die drank produseer, bemark en verkoop. Hulle voel vere vir jou as jou lewer, hart of res van jou liggaam meegee en jy verslaaf raak. Hulle voel niks en biggel nie 'n enkele traantjie as gesinne verbrokkel, uitmekaar spat en lewens verwoes word en projekte nie slaag nie. Vir hulle gaan dit enkel en alleen om geld, hulle volgende Porsche en die weelderige, groot, nuwe seiljag, waar hulle die "good life" net aan nog meer aanbied. Hulle is verseker nêrens te siene as die talle dokters, verpleegsters, sielkundiges, sosiale werkers, maatskaplike werkers en hulpwerkers sukkel om die skade van verslawing te probeer herstel of te verlig nie.

Die koue bottel, mooi skemerkelkie in die oulike "cocktail"-glasie, of blikkies in die hand word dan verruil vir die koue gange van die siekekamer of hospitaalbed, waar jy in eensaamheid teen die verslawing, pyn, siektes en kwale wat dit veroorsaak het, moet sukkel en veg.

Liewe vriend of vriendin, laat staan die drank! Roep uit na die Here en draai weg. Kry professionele hulp as dit nodig is. Die oesland het werkers met helder oë, wakker harte en gesonde liggame nodig.

Die opoffering is die moeite werd en ons sal dan kan uitsien na die hemelse feesmaal wat ons daar saam met ons Vader sal kan vier.

Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.
1 Korinthiërs 6:10

En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;  afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie. Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.
Galásiërs 5:19-22

Besoek ook:

 

 

Tuis
Die Liefde
Die Weg
Jesus is Koning
God is goed
Innerlike Gesprek
Ekumenies
Alle gelowe dieselfde?
Christen in Naam
Sing your Song
Regstellende Aksie
Liewers laat
BBP's
Put your Money
Vroueregte
Big Brother
Goue Handdruk
Handevat
Moederaarde
Wine and Dine

Op

 

'n Christen ...

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

Swallow Software

 Engel met kruis

Bekering

Bybelteks

Bible Text

ARK Webontwerp © 2007-2023  ARK Web Design © 2007-2023