Opgedateer: 3 Februarie 2023

    

 

 

 

 

 

Konsepte: Sing your Song...with all your Might!

Wat maak 'n Christen met allerhande gedagtes, idees en norme wat daagliks opduik en wat sy of haar lewe probeer binnedring of wil manipuleer? Waar kry mens die waarheid en regte antwoorde en vanwaar kom daar raad? Die maatstaf vir die gelowige bly Gods Woord. Die Bybel belig alle aspekte van die mens se lewe, hetsy direk, of oorkoepelend en oorsigtelik. Dit bly egter die gelowige se ernstige plig om te bid, die Bybel te bestudeer en die Heilige Gees te vertrou om mens te lei en te leer.

Vir ons volledige inleiding sien: Konsepte: Volledige Inleiding

Konsepte wat onder die soeklig kom is:

"Sing your Song...with all your Might!"

10 Oktober 2017

"A bird does not sing because it has an answer.
It sings because it has a song."
(
Sjinese spreekwoord)

Die vrou staan met 'n strak gesig en uitstaar by die studeerkamervenster. Sy lyk moeg, half oorwonne en die diep bekommernis lê seer en donker in haar oë. Waar gaan dit alles heen? Haar gedagtes maal en maal, en die angs kruip soos 'n slang wat 'n muis wil verslind, al in haar gemoed op. Dis asof daar geen hoop op uitkoms meer is nie. Sy maak haar oë vir 'n wyle toe en bid sag. Net as sy wil omdraai en die vertrek wil uitstap, hoor sy dit. Ja, daar is dit weer, 'n rondgeskarrel.

Dis vroegoggend en die olyflyster krap oral tussen die herfsblare wat op die agtererf teen die muurtjie versamel het. Dan vlieg die diertjie op in die oleanderstruik wat langs die bougainvilleaboog staan. Die koppie word sydelings heen en weer gebuig en meteens kom daar 'n soete klank uit die bekkie. Vandag is net soos enige ander, maar die voël, uitgedos in sy donker grys-olyfgroen vere met die mooi donkergeelbruin op die bors, lyk soos 'n wafferse, talentvolle operasanger wat die wêreld wil vermaak met sy mooi sang.

 
"A bird does not sing because it has an answer.
It sings because it has a song."

So lui 'n ou Sjinese spreekwoord.
 

Meteens vul die vrou se oë vol trane. Hierdie ou voëltjie se sang het haar kom herinner dat sy totaal en al vergeet het hoe om haar seëninge te tel. Daar is so baie om oor bly en dankbaar te wees. Sy kan loop, sien en hoor, werk, dink en selfs mooi klavier en viool speel. Sy kan haar dierbare man en kinders teen haar vasdruk en weet dat hulle haar baie lief het en sy kan haar Bybel oopmaak en daar in die Psalms lees hoe lief die Here Sy kinders, ja, ook vir haar, het, omdat Hy ons Redder en Herder is.

Vinnig vee sy die trane af en stap met 'n vasbeslote hart terug na die kombuis. Vandag gaan een van haar dankgebededae wees. Óf dit nou oor die skottelgoedbak, by die wasmasjien of met die besem in die hand is, 'n DANKGEBEDDAG gaan dit wees.

William Hazlitt skryf in 1818 'n artikel oor operasterre en maak die volgende aanmerking.

"…the thrush that awakes at day-break with its song, does not sing because it is paid to sing, or to please others, or to be admired or criticised. It sings because it is happy; it pours the thrilling sounds from its throat, to relieve the overflowings of its own heart—the liquid notes come from, and go to the heart, dropping balm into it, as the gushing spring revives the traveller’s parched and fainting lips."

Liewe leser, gaan dit swaar, droewig en moeilik? Die voëltjie sing, omdat hy 'n lied in die hart het. Ons wat God se kinders is, moet onthou dat ons, ten spyte van al die aaklige dinge in die lewe, die mees belangrikste ding het, waaroor ons tot in ewigheid luidkeels kan sing. Ons is kinders van die Koning wat alles en almal geskape het. Nee, Hy het nie van Sy skepping vergeet, soos sommige beweer nie, en nee, Hy slaap ook nie. Ons God weet watter gedagtes Hy vir ons koester en watter planne Hy vir ons voorberei het. Sy wil bly die beste vir ons. Laat ons vandag die hande en die hart ophef en Hom loof en prys met ons volle wese.

"Do you have a song for our God? Then sing your song and with all your might!"

Mag ons dankgebede ons Vader bly maak en mag ons in die proses weer hernude geesvervulling kry vir die komende dae, weke, maande en jare.

Psalm 147:1
Loof die HERE, want dit is goed om onse God te besing, ja lieflik;
'n loflied is gepas!

Psalm 121:4
Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie.

Romeine 8:28
En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk,
vir hulle wat na sy voorneme geroep is.

Wil jy meer weet oor bekering? Besoek die webtuiste Bekering.

Kyk gerus ook na die dame Susan Boyle se onlangse geskiedenis. Sy het voorwaar besondere sangtalent. In April 2009 neem sy deel aan 'n bekende TV talentprogram en verstom die gehoor met haar besondere sangstem.

Gospelsangers Jannie Theron en Riana Mouton

'n Lys van Christenkunstenaars is by die Piazza webtuiste
 

 

 

Tuis
Die Liefde
Die Weg
Jesus is Koning
God is goed
Innerlike Gesprek
Ekumenies
Alle gelowe dieselfde?
Christen in Naam
Sing your Song
Regstellende Aksie
Liewers laat
BBP's
Put your Money
Vroueregte
Big Brother
Goue Handdruk
Handevat
Moederaarde
Wine and Dine

Op

 

'n Christen ...

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

Swallow Software

 Engel met kruis

Bekering

Bybelteks

Bible Text

ARK Webontwerp © 2007-2023  ARK Web Design © 2007-2023