Opgedateer: 3 Februarie 2023

    

 

 

Konsepte: Die breë en die smal weg

Wat maak 'n Christen met allerhande gedagtes, idees en norme wat daagliks opduik en wat sy of haar lewe probeer binnedring of wil manipuleer? Waar kry mens die waarheid en regte antwoorde en vanwaar kom daar raad? Die maatstaf vir die gelowige bly Gods Woord. Die Bybel belig alle aspekte van die mens se lewe, hetsy direk, of oorkoepelend en oorsigtelik. Dit bly egter die gelowige se ernstige plig om te bid, die Bybel te bestudeer en die Heilige Gees te vertrou om mens te lei en te leer.

Vir ons volledige inleiding sien: Konsepte: Volledige Inleiding

Konsepte wat onder die soeklig kom is:

Die breë en die smal weg
"A straight gate and the narrow way"

Waarom sukkel so baie mense om die regte pad in hul lewens te kry? En waarom bly hulle harte en gedagtes weggedraai van die Ware, Egte Weg, Jesus Christus?

Selfs beroemde TV persoonlikhede en akteurs, wat duisende dollars verdien, spog soms: "Jesus kan tog nie die enigste weg wees nie!" Sodoende mislei hulle miljoene kykers na die breë weg wat na die verderf lei, met hulle ongeloofskommentaar oor 'n Redder wat hulle duidelik niks van weet of verstaan nie.

Die weg na saligheid is voorwaar ’n baie nou pad en menige mense sukkel om dit te vind en dit te hou. Die Bybel dui onder andere die volgende 4 redes aan waarom mense so sukkel.

  • Baie word mislei soos ons in die volgende teksgedeelte sien.
    2 Peter 2:1-2
    ― Geneva Bible 1599
    1   Bvt there were false prophets also among the people, euen as there shalbe false teachers among you: which priuily shall bring in damnable heresies, euen denying the Lord, that hath bought them, and bring vpon themselues swift damnation.

    2   And many shall follow their destructions, by whom the way of trueth shalbe euil spoken of,
     

  • Baie persone gee toe aan manupilasie en groepsdruk.
    Sien Johannes 5 en 12.
    John 5:42-44
    ― Geneva Bible 1599
    42   But I know you, that ye haue not the loue of God in you.

    43   I am come in My Fathers Name, and ye receiue Me not: if another shall come in his owne name, him will ye receiue.

    44   How can ye beleeue, which receiue honour one of another, and seeke not the honour that commeth of God alone?

    John 12:42-43 ― Geneva Bible 1599

    42   Neuertheles, euen among the chiefe rulers, many beleeued in Him: but because of the Pharises they did not confesse Him, least they should be cast out of the Synagogue.

    43   For they loued the prayse of men, more then the prayse of God.

     

  • Baie mense is bevooroordeel soos aangedui in die volgende verse. Jesaja 6 vers 9-10
    Isaiah 6:9-10 ― Geneva Bible 1599
    9   And he sayd, Goe, and say vnto this people, Ye shall heare in deede, but ye shall not vnderstand: ye shall plainely see, and not perceiue.

    10   Make the heart of this people fatte, make their eares heauie, and shut their eyes, lest they see with their eyes, and heare with their eares, and vnderstand with their hearts, and conuert, and He heale them.
     

  • Laastens, vind baie die smal weg te streng, te nougeset en te moeilik.
    Matthew 22:37― Geneva Bible 1599
    37   Iesus sayd to him, Thou shalt loue the Lord thy God with all thine heart, with all thy soule, and with all thy minde.

    Luke 9:23 ― Geneva Bible 1599
    23   And He sayd to them all, If any man will come after me, let him denie himselfe, and take vp his crosse dayly, and follow Me.

As gelowige, voel ons dikwels oorweldig as jy om jou kyk. Dis asof die hele wêreld op ’n vinniger pad as jy beweeg en jou lewe voel talle male moeilik en uitputtend. Die aanvalle van die bende boosaards van die vyand, kom soms soos groot rotsblokke in jou weg gerol.

John 14:6 ― Geneva Bible
Iesus sayd vnto him, I am that Way, and that Trueth, and that Life. No man commeth vnto the Father,
but by Me.

Die Bybel vertel van die Weg, Jesus Christus en dat die pad wat die kinders van die Here op gaan, altyd die smal moeilike en alleen paadjie is. Dis ’n weg waar jy jou fokus rig om met mening die Meester getrou na te volg. Om met verantwoordelikheid en toewyding die dagtaak te doen wat Hy vir jou gee en met liefde jou gesin, geliefdes en naaste te dien.

God is die enigste Here wat daar is. Los die afgodery, draai om en hardloop terug na jou Redder en Herder, Jesus Christus, ons Koning en Saligmaker.

Geneva Bible 1599
Looke vnto Me, and ye shall be saued:
all the endes of the earth shall be saued:
for I am God, and there is none other.
Isaiah 45:22 ― Geneva Bible

Die wêreldlinge, godloënaars, huigelaars en afvalliges, is maar te gretig om die breë weg te neem na die verderf. "Laat ons eet, drink en vrolik wees, want môre is ons dood!", is hulle leuse wat hulle met groot oproer uitgil. Maar die ongeluk is, hulle misreken hulle en belieg hulleself, want daar is ’n hiernamaals waar elkeen rekenskap sal moet gee van sy of haar dade in die lewe.

Die kinders van God moet hulle egter nie so laat mislei nie. Ons moet in die voetspore van Jesus probeer loop en onsself ontvanklik maak vir die inwerking van die Heilige Gees. Christene moet afkom en wegbly van die breë weg, wat net die Here onteer en die weg na die dood is. Ons moet in erns en met geloof die smal weg kies en bly kies. Dié smal weg aanhou in geloof loop wat Hy vir ons voorberei het en waar Hy ons na die begeerte van Sy hart lei.


 

 

Tuis
Die Liefde
Die Weg
Jesus is Koning
God is goed
Innerlike Gesprek
Ekumenies
Alle gelowe dieselfde?
Christen in Naam
Sing your Song
Regstellende Aksie
Liewers laat
BBP's
Put your Money
Vroueregte
Big Brother
Goue Handdruk
Handevat
Moederaarde
Wine and Dine

Op

 

'n Christen ...

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

Swallow Software

 Engel met kruis

Bekering

Bybelteks

Bible Text

ARK Webontwerp © 2007-2023  ARK Web Design © 2007-2023