Opgedateer: 3 Februarie 2023

    

 

 

Konsepte: Jesus is Koning

Wat maak 'n Christen met allerhande gedagtes, idees en norme wat daagliks opduik en wat sy of haar lewe probeer binnedring of wil manipuleer? Waar kry mens die waarheid en regte antwoorde en vanwaar kom daar raad? Die maatstaf vir die gelowige bly Gods Woord. Die Bybel belig alle aspekte van die mens se lewe, hetsy direk, of oorkoepelend en oorsigtelik. Dit bly egter die gelowige se ernstige plig om te bid, die Bybel te bestudeer en die Heilige Gees te vertrou om mens te lei en te leer.

Vir ons volledige inleiding sien: Konsepte: Volledige Inleiding

Konsepte wat onder die soeklig kom is:

Jesus is Koning

Romans 14:11-12 ― Geneva Bible 1599
For it is written, As I live, saith the Lord, every knee shall bow to Me, and every tongue shall confess to God.
So then every one of us shall give account of himself to God.

Die media en deesdae, veral die Internet, is propvol met inligting, gebeure, vals berigte, misleiding en veel, veel propaganda. Die afwykende rigting van selfverklaarde "nuusblaaie" en sogenaamde inligtingstukke wat agter statistieke en hedendaagse "feite" en kamma-"wetenskappe" skuil, is onrusbarend. Hierdie vooroordeelende, polities korrekte mededelings, wat hulself voorhou as "nuus" of "feitelike verklarings", is so erg dat daar in die onlangse tyd 'n woord vir dié soort agterlike, valse en subjektiewe soort media ontstaan het. Die woord en die verklaring is "presstitute" en die verklaring daarvan die volgende: "Presstitute is a term that references journalists and "talking heads" in mainstream media who give biased and predetermined views misleadingly tailored to fit a particular partisan, financial or business agenda, thus neglecting the fundamental duty to report news impartially."

Wat 'n groot deel van dié soort media egter wel in gemeen het deesdae, is die verspreiding van liberale, selfgerigte en onheilige dinge, bloot met die doel van verspreiding van leuens, die afkraak van ons Here se eer, en die spot met Christene en ons geloof in Jesus Christus ons Koning.

Vir hulle is die wêreld, waar hulle almal probeer om 'n slag te slaan, ten koste van enige iets, kom wat wil. Al wat daar is en sal wees is net mag en net meer mag en geld en net nog meer geld. Hulle leef ook die Ferengi reëls gretiglik uit. ("Ferengi rules of acquisition no 97, Enough ... is never ENOUGH.") Hulle is ywerige globaliste wat 'n groteske, universele, aardse koninkryk wil bou, net soos Nimrod in die verre verlede. Elk van hulle wil dan heers soos die rykes, landhere, baronne, adellikes en koninkies van ouds. Hulle in hulle kastele, en die werkers as slawe in hul gehuggies, met die landheer se goedgunstige toegewings om te probeer oorleef.

Die wêreld glo en hardloop agter al wat 'n slegte leier is aan, staak, hou optogte en blaker al hul gif op andere uit. Dít alles, om maar net nog 'n pennie te maak, die leertjie nog hoër en hoër te klim, die beste netwerke by die mees afvalliges te maak werk en lewens van ander te verwoes in die proses. "Wie sien my tog en wat gaan hulle ook nou miskien daaraan kan doen, die arme sukkelaars?" is baie van hulle se mymerings. En dít, terwyl hulle talle manipuleer, afpers, boelie, om hul pinkie draai, verniel, vernietig en uitverkoop vir hul eie selfsugtige doelwitte.

Dit mag wel so wees, dat die wêreld onder gesag van verskeie leiers staan, vir tyd en wyl, maar een ding gaan altyd waar wees, al is daar min wat dit wil glo of inneem. Die Here bly in beheer, al is die wêreld nou in so 'n warboel. 'n Hele troep leiers, 10 of 20 of selfs 1000 konings is nie in meer beheer as wat die Here se toelatende wil gaan toelaat nie.

Daar is níé net die hier en nou en al die mag en geweld wat daarmee gepaard gaan nie.

"The will of God! NOTHING more, NOTHING less and NOTHING else!"
Andrew Murry

Vir die kinders van die Here, bly Jesus nie net ons Redder en Middelaar nie, maar is Hy ook verseker ons Koning.

Kyk maar na Openbaring en al die profesieë daar. Dis gewis, daar kom nog swaarder tye, maar soos een jong prediker dit stel, vir ons wat die laaste Bybelboek, naamlik Openbaring al gelees het, is dit 'n feit soos 'n koei. "JESUS WINS."

Philippians 2:9-13 ― Geneva Bible 1599
Wherefore God hath also highly exalted Him,
and giuen Him a Name aboue euery name,
10   That at the Name of Iesus shoulde euery knee bowe,
both of things in heauen, and things in earth, and things vnder the earth, 11   And that euery tongue shoulde confesse that Iesus Christ is the Lord, vnto the glory of God the Father. 12   Wherefore my beloued, as ye haue alwayes obeyed me, not as in my presence only, but now much more in mine absence, so make an end of your owne saluation with feare and trembling. 13   For it is God which worketh in you, both the will and the deede,
euen of His good pleasure.

 
 

 

Tuis
Die Liefde
Die Weg
Jesus is Koning
God is goed
Innerlike Gesprek
Ekumenies
Alle gelowe dieselfde?
Christen in Naam
Sing your Song
Regstellende Aksie
Liewers laat
BBP's
Put your Money
Vroueregte
Big Brother
Goue Handdruk
Handevat
Moederaarde
Wine and Dine

Op

 

'n Christen ...

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

Swallow Software

 Engel met kruis

Bekering

Bybelteks

Bible Text

ARK Webontwerp © 2007-2023  ARK Web Design © 2007-2023