Opgedateer: 3 Februarie 2023

    

 

 

Konsepte: God is goed en liefdevol

Wat maak 'n Christen met allerhande gedagtes, idees en norme wat daagliks opduik en wat sy of haar lewe probeer binnedring of wil manipuleer? Waar kry mens die waarheid en regte antwoorde en vanwaar kom daar raad? Die maatstaf vir die gelowige bly Gods Woord. Die Bybel belig alle aspekte van die mens se lewe, hetsy direk, of oorkoepelend en oorsigtelik. Dit bly egter die gelowige se ernstige plig om te bid, die Bybel te bestudeer en die Heilige Gees te vertrou om mens te lei en te leer.

Vir ons volledige inleiding sien: Konsepte: Volledige Inleiding

Konsepte wat onder die soeklig kom is:

God is goed en liefdevol

Isaiah 55:9― Geneva Bible 1599
For as ye heauens are higher then the earth, so are My wayes higher then your wayes, and My thoughtes aboue your thoughts.

Die jong vrou plons op die rusbank in haar klein woonstelletjie neer. Sy is 'n welsynswerkster en dis asof die onaangenaamhede van die afgelope weke haar oorspoel. Dit alles word net te veel vir haar en sy bars meteens in trane uit.

In haar gedagtes sien sy die frons op haar baas se gesig. Die fondse word al hoe skaarser en al hoe meer mense beland op die straat. Talle mense raak benewel en ander doen onverantwoordelike dinge deur in dwelms, diefstal of ander slegte dinge betrokke te raak. Sommiges in die stad doen die vreeslikste dinge om die pot aan die kook te hou of net kop bo water te bly. En al die geweldige onregverdighede in die hulpdienste laat haar hart ineen krimp. Wat kan sy tog doen om die leed te verlig? Die werk is net te veel en die hulp net te min.

Asof dit nie genoeg is nie, onthou sy meteens ook weer die jammerlike gehuil van die kleuter, wat met die bruin, lewelose troeteldiertjie in sy hande staan. Die klein brakkie het omgekom van die honger, maar die kind is te jonk om dit nog mooi te besef. Self, lyk die kind verhonger, siek en baie skaam. Sy ma, wieg heen en weer, terwyl sy in haar hande snik en dis asof sy enige minuut gaan omval.

Die lewe is wreed, dink die welsynswerkster. Alles op die aarde lyk meteens vir haar donker, moeilik en sonder hoop. Hoekom? Hoekom? HOEKOM? Vra haar siel aan die Here.

Sy staan op en soek meteens laag in die boekrak na iets. Ja, daar is dit. Die ou verslonste Bybel, wat sy by haar Ouma gekry het. Sy vee die buitekant met haar sneesdoekie af en maak dit oop en begin lees in die Psalms waar die Bybel oopgegaan het.

Vriend, dink jy ook soms God is wreed? Waar kom al die swaar en seer dan vandaan? Hoekom is daar soveel gebreekte lewens en onheilige en aaklige dinge wat gebeur? Sekerlik het die Here nie die mens gemaak vir al die donker dinge wat ons nou beleef nie.

Stellig nie. Nee, Hy het ons goed gemaak en op 'n wonderskone planeet geplaas, maar Hy het ons ook 'n wese met vrye keuse gemaak. Ongelukkig het die eerste mensepaar anders gekies in die paradys en hul rug op God se wense vir hul lewens gedraai. Daardie sondeval, met al sy geweldige, afbrekende gevolge, is nou deel van ons lewens. Romeine 8 dui aan dat die hele skepping gebuk gaan en kreun onder die las van die sonde val.

Die Skrif vertel in 1 Petrus 5:8 dat ons nugter en waaksaam moet wees, want ons teëstander, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind. Dit beteken dat die vyand, die bose, ons geheel en al wil vernietig, fisies en geestelik, want hy haat God en die hele mensdom wat God geskape het. Sy argwaan haal hy op alles en al wat leef en beef uit. Die skepping, die aarde en die ganse mensdom. Hy is God se hewige vyand en teëstaander. Dis nie God wat wreed is nie, maar die prins van hierdie węreld wat sy woede op die aarde en die mensdom uithaal. Alles wat sleg, afskuwelik, wreed, onheilig, doods, pynlik, hartseer en boos is kom net van satan af.

Onthou, as jy moedeloos, kwaad of frustreer word oor al die wreedhede en swaar van die ou węreld en die vinger wil wys, wys dit dan na die vyand, die vader van alles wat sleg is. Die bose, die ou draak, satan.

Direk teenoor dit, staan ons Here. God is lief en goed. Hy was altyd goed, is goed en sal altyd goed wees. Hy is en omvat alles wat goedheid was, is en ooit kan wees. Hy is liefdevol en het die sondeval nie net voorsien nie, maar ook 'n weg vir ons voorberei, waardeur ons van ons sondes verlos kon word. Jesus se offerdood aan die kruis het vir ons en die hele węreld se sondelas betaal, al is daar der duisende węreldlinge wat daardie geskenk nie wil aanneem nie.

Die Here sal Sy kinders in en deur hul besluite en optredes help. Dikwels ten spyte van ons eie mislukkings, falings, nalatighede, sondes en swak keuses. Eendag, sal al die seer, trane en onheilighede ook stop, omdat die vyand se invloed vernietig sal wees vir ewig.

Gebed vir Hulpwerkers

Liewe Heer, dankie vir al my voorregte. Vir werk, vir voedsel, klere en 'n blyplek. Ek bid vanaand vir al U kinders in hulpberoepe.
Vir dokters, dat U hulle gedagtes en handewerk sal lei.
Vir paramedici en verpleegsters, dat U hulle veilig sal hou, daar waar hulle mense moet help en versorg. Vir sosiale werkers wat soms so oorweldig word deur die armoede oral op die aarde, dat hulle moed sal hou en die regte keuses sal maak vir die gesinne wat hulle moet bearbei. Sterk ook die polisie se hande, daar waar hulle reg moet laat geskied. Gee dat hulle U geregtigheid sal uitdra. Ek bid ook nou vir brandweermanne en ander hulppersoneel dat hulle gesond en veilig sal wees te midde van al die gevare.
Dankie Here. Ons bid dit in Jesus se Naam. Amen.

Nog verse om op te volg:

  • Psalms 145:17 ― Geneva Bible 1599
    17   The Lord is righteous in all His wayes, and holy in all His workes.

  • Psalms 36:7 ― Geneva Bible 1599
    7   How excellent is Thy mercy, O God! therefore the children of men trust vnder the shadowe of Thy wings.

  • Titus 3:4-7 ― Geneva Bible 1599
    4   But when that bountifulnesse and that loue of God our Sauiour toward man appeared,

    5   Not by the woorkes of righteousnesse, which we had done, but according to His mercie He saued vs, by the washing of the newe birth, and the renewing of the Holy Ghost,

    6   Which He shed on vs aboundantly, through Iesus Christ our Sauiour,

    7   That we, being iustified by His grace, should be made heires according to the hope of eternall life.

 

Tuis
Die Liefde
Die Weg
Jesus is Koning
God is goed
Innerlike Gesprek
Ekumenies
Alle gelowe dieselfde?
Christen in Naam
Sing your Song
Regstellende Aksie
Liewers laat
BBP's
Put your Money
Vroueregte
Big Brother
Goue Handdruk
Handevat
Moederaarde
Wine and Dine

Op

 

'n Christen ...

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

Swallow Software

 Engel met kruis

Bekering

Bybelteks

Bible Text

ARK Webontwerp © 2007-2023  ARK Web Design © 2007-2023