Opgedateer: 3 Februarie 2023

    

 

 

 

 

 

Konsepte: Handevat

Wat maak 'n Christen met allerhande gedagtes, idees en norme wat daagliks opduik en wat sy of haar lewe probeer binnedring of wil manipuleer? Waar kry mens die waarheid en regte antwoorde en vanwaar kom daar raad? Die maatstaf vir die gelowige bly Gods Woord. Die Bybel belig alle aspekte van die mens se lewe, hetsy direk, of oorkoepelend en oorsigtelik. Dit bly egter die gelowige se ernstige plig om te bid, die Bybel te bestudeer en die Heilige Gees te vertrou om mens te lei en te leer.

Vir ons volledige inleiding sien: Konsepte: Volledige Inleiding

Konsepte wat onder die soeklig kom is:

Handevat

Hoor jy dit ook gedurig? Ons moet nou hande vat. Hande vat sal nou die beste opsie wees, ens, ens. Die konsep van hande vat is dalk 'n oulike klein sentiment, maar wat het geword van Boekevat? Hoor jy nog deesdae iets daarvan? Die gesinne of selfs individuë wat deesdae nog daagliks Bybel lees en bid en soggens en saans Boekevat hou, is nie meer die norm nie. Daar is dan nou glo baie beter maniere om tyd te gebruik.Kaleidoskoop: Boekevat

Dis ook opmerklik as daar dan nou so hande gevat moet word en tegemoet gekom moet word, hoe daar gedurig op Christene se knoppie gedruk word om verdraagsaam te wees. Om kompromië te maak en Christelike beginsels te buig of oorboord te gooi. Die druk en verwagting van tegemoetkoming is dan ook dikwels vir iets wat die Christelike geloof afkraak, Christenskap probeer uitkalwe, of die Christelike geloof te probeer verkleineer. Doen jy dit nie, word jy uitgekryt as die grootste bekrompe, verkrampte in die heelal! En Pietie-Slaphandjies wat ons is, laat ons dit maar dikwels sommer so sonder steun of kreun begaan.

Wel, daar is 'n groot verskil tussen verdraagsaamheid en lamsakkigheid. Christenskap is kosbaar en die grootste skat wat ons het. Miljoene mense word daagliks vervolg vir hul geloof in Jesus en baie sterf vir die voorreg om hulself Christen te noem. Martelare het deur die eeue hul kosbare bloed gegee, sodat ons sekere vryhede binne die Christelike norms kan hê. Moet dit sommer net so goedsmoeds weggegooi word vir 'n soetsappige ideetjie soos handevat en al die reklame akkolades wat daarmee in triomftogte en basuingeklank gepaard gaan? Stellig nie.

"Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie,
want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid,
en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?"
2 Korinthiërs 6:14

"Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader met die heilige engele."
Markus 8:38

Ek sou sê daar behoort baie beslis veel meer aandag aan Boekevat gegee te word as aan al die gehandevattery.

 

Wil jy graag die Afrikaanse Bybelteks op jou rekenaar beskikbaar hê? Kyk gerus na Bybelteks vir meer inligting. Skakels en ander nuttige inligting daaroor word voorsien.

 

 

 

Tuis
Die Liefde
Die Weg
Jesus is Koning
God is goed
Innerlike Gesprek
Ekumenies
Alle gelowe dieselfde?
Christen in Naam
Sing your Song
Regstellende Aksie
Liewers laat
BBP's
Put your Money
Vroueregte
Big Brother
Goue Handdruk
Handevat
Moederaarde
Wine and Dine

Op

 

'n Christen ...

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

Swallow Software

 Engel met kruis

Bekering

Bybelteks

Bible Text

ARK Webontwerp © 2007-2023  ARK Web Design © 2007-2023