Opgedateer: 3 Februarie 2023

    

 

 

 

 

 

Konsepte: Goue Handdruk

Wat maak 'n Christen met allerhande gedagtes, idees en norme wat daagliks opduik en wat sy of haar lewe probeer binnedring of wil manipuleer? Waar kry mens die waarheid en regte antwoorde en vanwaar kom daar raad? Die maatstaf vir die gelowige bly Gods Woord. Die Bybel belig alle aspekte van die mens se lewe, hetsy direk, of oorkoepelend en oorsigtelik. Dit bly egter die gelowige se ernstige plig om te bid, die Bybel te bestudeer en die Heilige Gees te vertrou om mens te lei en te leer.

Vir ons volledige inleiding sien: Konsepte: Volledige Inleiding

Konsepte wat onder die soeklig kom is:

Goue handdruk

Die afgelope jare was die aflegging van personeel in Suid-Afrika aan die orde van die dag. In meer gevalle as nie, is verskeie belaglike redes vir die afleggings gegee en is talle sg. goue handrukke uitgegee. Ons weet dat die meeste van sulke goue handdrukke net die maatskappye, waar dit gebruik was, bevoordeel het en dat dit niks vir die personeellid beteken het nie. Baie van die goue handdrukke was suiwer om skewe politiese redes. Baie personeellede was ook nog veels te jonk en energiek om reeds na die weivelde van aftrede gestuur te word. Senior mense het soveel ervaring, kennis en wysheid, dat dit eintlik ongelooflik is dat instansies nie kan insien hoeveel skade hulle op die lang duur aan die samelewing doen, deur mense bloot net 'n goue handdruk te gee nie.

Kaleidoskoop: Houtsneewerk (Goue handdruk)Vir die persoon wat die afgeskeepte pakket kry, is die gebeurtenis dikwels ook baie nadelig en sommiges ly daarna gedurig aan depressie en ander siektes.

Beste vriend of vriendin, is jy so 'n persoon wat 'n goue handdruk gekry het? Voel jy asof jy niks meer werd is vir die samelewing nie? Of alles oor en verby is en die lewe tot 'n doodloopstraat gekom het? Weet jy, die Here sien en weet van jou nood, seer en van die verwerping. Hy is nie te besig vir jou gebede nie. Sy oor is nie te doof om te hoor nie.

Hy kan jou help om nou iets nuuts, groots en wonderliks te doen met hierdie ontydigheid in jou lewe. Ek bid vandag dat die Here nuwe gedagtes, nuwe energie en vaste geloof in Hom weer van nuuts af in jou hart sal kom ontwaak en dat jy weer vars stuwing sal kry om jou idees en planne en lewe uit te leef tot Sy eer.

Daar is lande in die wêreld waar seniors, met hulle geweldige skatkamer van kennis en insig en wysheid, geëer en waardeer word. Dalk woon jy nie in so 'n omgewing nie. Dalk lyk moontlikhede vir nuwe projekte vir jou belaglik. Dalk voel jy uitgeput en oorlaai van al die gebeure. Onthou dan net vir Abraham en Sara. Dink ook bietjie aan mense soos Kaleb en Moses. Hulle was bejaardes, wat nog baie dinge moes takel en doen en voltooi voor hul dood.

By God kry jy meer as 'n goue handdruk. Hy help mense op uit hulle swakhede en gesukkel en ek nooi jou om tot eer van Sy Naam voluit te leef.

"Waarom sê jy dan, o Jakob, en spreek jy, o Israel: My weg is vir die HERE verborge, en my reg gaan by my God verby? Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? 'n Ewige God is die HERE, Skepper van die eindes van die aarde;
Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie. Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie. Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs; maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie."
Jesaja 40:27-31

"In the evening withhold not thy hand"

Die onderstaande aanhaling is vanaf die aand-oordenking (20 September) van
C. H. Spurgeon.

“In the evening withhold not thy hand.” ...Ecclesiastes 11:6

In the evening of the day opportunities are plentiful: men return from their labour, and the zealous soul-winner finds time to tell abroad the love of Jesus. Have I no evening work for Jesus? If I have not, let me no longer withhold my hand from a service which requires abundant labour. Sinners are perishing for lack of knowledge; he who loiters may find his skirts crimson with the blood of souls. Jesus gave both his hands to the nails, how can I keep back one of mine from his blessed work? Night and day he toiled and prayed for me, how can I give a single hour to the pampering of my flesh with luxurious ease? Up, idle heart; stretch out thy hand to work, or uplift it to pray; heaven and hell are in earnest, let me be so, and this evening sow good seed for the Lord my God.

The evening of life has also its calls. Life is so short that a morning of manhood’s vigour, and an evening of decay, make the whole of it. To some it seems long, but a four-pence is a great sum of money to a poor man. Life is so brief that no man can afford to lose a day. It has been well said that if a great king should bring us a great heap of gold, and bid us take as much as we could count in a day, we should make a long day of it; we should begin early in the morning, and in the evening we should not withhold our hand; but to win souls is far nobler work, how is it that we so soon withdraw from it? Some are spared to a long evening of green old age; if such be my case, let me use such talents as I still retain, and to the last hour serve my blessed and faithful Lord. By his grace I will die in harness, and lay down my charge only when I lay down my body. Age may instruct the young, cheer the faint, and encourage the desponding; if eventide has less of vigorous heat, it should have more of calm wisdom, therefore in the evening I will not withhold my hand.

 

 

Tuis
Die Liefde
Die Weg
Jesus is Koning
God is goed
Innerlike Gesprek
Ekumenies
Alle gelowe dieselfde?
Christen in Naam
Sing your Song
Regstellende Aksie
Liewers laat
BBP's
Put your Money
Vroueregte
Big Brother
Goue Handdruk
Handevat
Moederaarde
Wine and Dine

Op

 

'n Christen ...

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

Swallow Software

 Engel met kruis

Bekering

Bybelteks

Bible Text

ARK Webontwerp © 2007-2023  ARK Web Design © 2007-2023