Opgedateer: 3 Februarie 2023

    

 

 

 

 

 

Konsepte: Regstellende Aksie

Wat maak 'n Christen met allerhande gedagtes, idees en norme wat daagliks opduik en wat sy of haar lewe probeer binnedring of wil manipuleer? Waar kry mens die waarheid en regte antwoorde en vanwaar kom daar raad? Die maatstaf vir die gelowige bly Gods Woord. Die Bybel belig alle aspekte van die mens se lewe, hetsy direk, of oorkoepelend en oorsigtelik. Dit bly egter die gelowige se ernstige plig om te bid, die Bybel te bestudeer en die Heilige Gees te vertrou om mens te lei en te leer.

Vir ons volledige inleiding sien: Konsepte: Volledige Inleiding

Konsepte wat onder die soeklig kom is:

"Regstellende Aksie"

18 Februarie 2016

Die man, armoedig geklee, staan by sy vrou en probeer haar troos. Hul gesigte lyk moeg, bekommerd en verslae. Dis lente in Suid-Afrika, maar die pragtige bloeisels aan 'n boom, staan in skrille kontras met dié twee se hartseer wat oor hul gesigte sit.

Die nuus was nie goed nie. Vir maande al soek sy werk, maar keer op keer kry sy die nota of boodskap dat sy nie suksesvol is nie. Die man het al meer as 'n jaar probeer om werk te kry, maar telkens is die "BBBEE" of regstellende aksie aan hom voorgehou as die rede hoekom hy nie die pos kan kry nie.
"Jy is meer as voldoende gekwalifiseer, maar die swart jongmense en nieblankes moet voorkeur kry".

Jou hart gaan uit na dié twee jammerlike figure en jy buig jou kop in eer aan die Here dat jy en jou eggenoot nog deur al die jare werk kon hê en in diens kon wees.

 

Die groot regeringsgeboue sit vol ongelowiges wat God haat, maar nou ook die land regeer en waar dit gaan eindig, bly iets wat die hart koud van angs maak. Die huidige Suid-Afrikaanse regering is die enigste land ter wêreld wat regstellende aksie ingestel het en daagliks toepas teen 'n minderheidsbevolking in 'n poging om daardie deel van die bevolking te probeer uitwis.

Deesdae is dit nie meer nuus dat blanke Suid-Afrikaners in plakkerskampe moet woon, of geen heenkome meer het nie. Ja, baie mense, selfs sogenaamde kundiges, praat regstellende aksie goed, omdat daar nou glo so vreeslik baie onregverdighede in die verlede was teenoor anderskleuriges. Die regeringmeeprater kan ook maar nie te hard hul eie opinie uitspreek nie, want môre-oormôre is sy vel dalk ook te wit vir sy pos.

In daardie sogenaamde onregverdige tye, was boosaards in die tronke en moordenaars is tereggestel. Verkragters was uiters geminag en het die prys vir hul wreedhede betaal. In daardie dae van apartheid was daar onafgebrande heel en mooi skole vir kinders van alle kleure, hospitale was skoon en 'n plek waar mens nog gesond kon probeer word, paaie was nog heel en vullis was iets wat op die ashoop was, nie in die strate en oral waar mens loop nie. Beurtkrag was nog nie gebore nie en water was skoon en kosbaar. Groente en vrugte en ander kos was met vreugde op die plaas verbou, en daar is deur almal, boer, sy vrou en werkers en hul gesinne, gedeel in die vreugde van die oes.
Suid-Afrika was geken vir sy arbeidsaamheid, tegnologiese en wetenskaplike kennis, vooruitgang, pragtige natuurskoon, veiligheid en gasvryheid.

Wat het "regstellende aksie" vir jou as Christen gedoen? Die Bybel sê ons dien 'n regverdige God. In tye van groter regverdigheid was daar groter voorspoed en werk vir almal wat fluks genoeg was om te werk. Daar was vooruitgang, omdat ongemanierdheid en laksheid nie geduld was nie. Die vryemarkstelsels en besighede was nie voorgeskryf met wie en hoe hulle besigheid moet doen nie. Mense het werk gekry, nie omdat hulle 'n sekere velkleur was nie, maar omdat hulle die werk kon dóén.

Duisende mense in Suid-Afrika het nie deelgeneem aan rassehaat of rassediskriminasie nie. Ons het as Christene alle onreg wat daar was bestry, en mense probeer help, nie omdat hulle wit, swart of gekleurd was nie, maar omdat hulle medemense was. Medebroers en -susters in die Here. As Christene weet ons dat ons nie mense moet oordeel soos die wêreld hulle oordeel nie, maar ons moet regverdig oordeel, omdat ons die enigste GOD dien wat regverdig en allerheilig is.

As Christen is ek oortuig daarvan dat blanke mense in Suid-Afrika, die felle aanvalle, weerwraak en haat oor sogenaamde sondes van die verlede, nou moet beleef, nie omdat daardie praatjies noodwendig die waarheid is nie, maar bloot omdat hulle blank is en Christene is. Regstellende aksie stel NIKS reg nie. Dit benadeel onskuldige mense en gee magte aan onkundige ongelowiges, wat dit nog net weer tot hul eie gewin en magsbeheptheid gaan aanwend.

Kom ons bid vir mense reg oor die wêreld, wat nog in duisternis woon, en God so haat, dat hulle mense benadeel op baie vlakke van die samelewing. Bekering en herlewing en geloof is die genadegawes wat die mens so intens nodig het, om hom te help om 'n regverdige, geesvervulde lewe te leef.

Spreuke 31:8-9
Maak jou mond oop vir die stomme, vir die regsaak van almal wat wegkwyn. Maak jou mond oop, oordeel regverdig,
en verskaf reg aan die ellendige en die behoeftige.

1 Petrus 3:12
Want die oë van die Here is op die regverdiges en Sy ore tot hulle gebed,
maar die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners.

Wil jy meer weet oor bekering? Besoek gerus Bekering.
 

 

 

 

Tuis
Die Liefde
Die Weg
Jesus is Koning
God is goed
Innerlike Gesprek
Ekumenies
Alle gelowe dieselfde?
Christen in Naam
Sing your Song
Regstellende Aksie
Liewers laat
BBP's
Put your Money
Vroueregte
Big Brother
Goue Handdruk
Handevat
Moederaarde
Wine and Dine

Op

 

'n Christen ...

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

Swallow Software

 Engel met kruis

Bekering

Bybelteks

Bible Text

ARK Webontwerp © 2007-2023  ARK Web Design © 2007-2023