Opgedateer: 3 Februarie 2023

    

 

 

 

 

 

Konsepte: Vroueregte "Women's Lib"

Wat maak 'n Christen met allerhande gedagtes, idees en norme wat daagliks opduik en wat sy of haar lewe probeer binnedring of wil manipuleer? Waar kry mens die waarheid en regte antwoorde en vanwaar kom daar raad? Die maatstaf vir die gelowige bly Gods Woord. Die Bybel belig alle aspekte van die mens se lewe, hetsy direk, of oorkoepelend en oorsigtelik. Dit bly egter die gelowige se ernstige plig om te bid, die Bybel te bestudeer en die Heilige Gees te vertrou om mens te lei en te leer.

Vir ons volledige inleiding sien: Konsepte: Volledige Inleiding

Konsepte wat onder die soeklig kom is:

Vroueregte "Women's Lib"

Meeste van ons weet waarvoor die uitdrukking "Women's Lib" staan. Die naam of uitdrukking is sinoniem met vroue en hul regte in die gemeenskap. Die "geveg vir vroueregte" is sekerlik een van die mees bespreekte onderwerpe die afgelope dekades.

In die vroeg 20ste eeu het roeringe in die "women's suffrage" byvoorbeeld baie bygedra tot die afskaffing van slawerny, omdat dit daarteen geveg het. Dit het ook gelei tot verandering in wette wat vroue benadeel het. Voorbeelde daarvan was onder andere die reg van grondbesit en ook stemreg.

Gedurende die 1960's, wat ook die tydperk van die hippie-geslag was, tot ongeveer 1980 was daar groot druk om gelykheid vir vroue in die werkplek, die kultuur en in die politieke arena te verkry.

Daar is geen twyfel dat die beweging, wat in fases van elke geslag opslae gemaak het, ook positiewe bydraes gemaak het nie, al het dit mense net laat dink aan onregverdighede en wat vroue is en kan doen. Daar is ongelukkig ook slegte uitvloeisels daaruit die afgelope 50 jaar, wat groot skade berokken het aan die hele gemeenskap regoor die wêreld.

Vroue sou nou al hoe meer regte kry, ook oa die reg om hul ongebore babas na hartelus te aborteer. Dié gruweldaad word verskuil onder die uitdrukking van sg. "freedom of choice", wat bloot maar net die vryheid van 'n vrou is om te kies om 'n hulpelose kindjie se lewe ontydig van hom of haar weg te neem, op 'n uiters wrede manier.

Baie van die gevegte oor vroueregte het so ver oorgeval na die ander kant van die skaal, dat ons nou in die moderne gemeenskap die gruwel kry waar vroue met mekaar "trou" of dan nou mans met mekaar. Dit word in talle media deesdae opgehemel as die "in ding", "modern" en 'n "alternatiewe soort gesin".

Verder het die tyd van sg. "free love", wat eintlik maar net rondslapery in ander gewaad is, die morele vlak van die gemeenskap so verlaag dat mense eintlik geen skaamte meer het nie. Aaklige geslagsiektes, bloedsiektes en die gepaardgaande verbrokkeling van gesinne, het groot reuse rampe te weeg gebring. Gesinstrukture lê nou in flarde. Jongmense dwaal rond as dwelmverslaafdes, sonder doel, omdat hulle God nie ken nie. Die hele sosiale gemeenskap tuimel in een, want die fondament, die gelowige en verantwoordelike gesin, bestaan kwalik meer. God en gebod word belaster.

Selfs die ekonomie word benadeel, want almal moet nou saam die prys betaal vir afvalliges se slegte keuses. Om maar net 'n paar te noem: hoër welsynskostes, versekeringspremies, mediese bydraes, belasting, ens. Niemand is onaangeraak nie.

Nog 'n ander aaklige uitvloeisel is dat daar nou deesdae baie sg. "single moms" is. Dis nou aan die orde van die dag. In meeste gevalle beteken dit glad nie 'n mamma wat 'n weduwee geword het nie, maar 'n vrou wat gekies het om 'n kindjie buite die huwelik die lewe in te bring. (Ja, ek weet daar is mammas wat ongelukkig deur 'n hartseer egskeiding moes gaan, en praat nou glad nie van hulle nie). Ons sien dit daagliks. Mammas wat siek, tam, oorwerk, onderbetaal en moeg moet opstaan en gaan werk, omdat daar nie 'n eggenoot in die huis is wat sy plig nakom nie. Dié is al lankal vort en weer besig om 'n ander vrou in dieselfde set te lei. Van vaderskap en sy kinders liefhê en op te voed weet hy niks. Hy is so agterlik en sonder skaamte dat hy ook nie eers daaroor dink hoe hy en sy houvrou hulle kinders se harte breek nie. Die ma, wat nou nie meer so aanloklik is soos vroeër nie, moet nou vrou-alleen sukkel en swoeg en die huishouding hanteer, die kinders probeer opvoed en leer en nog die broodwinner ook wees. Hoe vreeslik vir almal in daardie gesinnetjie. En wat meer is, vroue in so 'n situasie is nou in groter slawerny as ooit voorheen en word baie meer benadeel as toe manne die leisels moes vashou en hul deel moes bydra om hul gesinne te versorg.

Daar is 'n uitdrukking oor hierdie saak. Dit lui soos volg:
"Adam's rib, Satan's fib, Women's Lib." Ek kan nie anders, as ek die totale harwar en gebrokenheid van sulke omstandighede sien, om die skerp ironie in die woorde "Women's Lib" raak te sien nie.

Maar wat staan ons as vroue te doen? Die antwoord is eenvoudig. Laat ons weer die Bybel nader trek, die stof afblaas en gaan sit en lees en leer wat God vir ons wil sê oor onsself, ons gesinne, ons huwelik, ons morele waardes, ons verhoudings en ons rol in die gesin en gemeenskap. Die Bybelse boodskap is een van hoop. Daar in Galasiërs 3:28 kry ons die duidelike insig dat vroue net so belangrik is vir God as manne. Gelowige vroue in die Bybelse geskiedenis het groot invloed gehad en die ontwikkeling van die Christendom het baie vroue in sy gang van ontwikkeling opgelewer. As Christenvroue vandag in hulle massas op hul knieë gaan pleit vir vergifnis en opstaan en die Christelike lewe voluit met gesag leef, sal die wêreld kort voor lank so 'n kragtige herlewing beleef wat die aarde kwalik sal kan huisves.

Wil jy iets doen van waarde? Gaan na Jesus en glo wat Hy vir jou gedoen het toe Hy Sy lewe aan die kruis vir jou gegee het. Kom weer 'n slag terug na jou wortels van geloof en jy sal groot en wonderlike dinge begin beleef, soos God deur die werking van Sy Heilige Gees in en deur jou lewe kom impak maak.

Verwante Bybelverwysings:

  • En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie. Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen sulke dinge is die wet nie. Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig. As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.
    Gal 5:19-25

  • Now the works of the flesh are manifest, which are these; adultery, fornication, uncleanness, lasciviousness, Idolatry, witchcraft, hatred, variance, emulations, wrath, strife, seditions, heresies, Envyings, murders, drunkenness, revellings, and such like: of the which I tell you before, as I have also told you in time past, that they which do such things shall not inherit the kingdom of God. But the fruit of the Spirit is love, joy, peace, longsuffering, gentleness, goodness, faith, Meekness, temperance: against such there is no law. And they that are Christ's have crucified the flesh with the affections and lusts. If we live in the Spirit, let us also walk in the Spirit.
    Gal 5:19-25

  • Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is
    Kol 3:5

  • Mortify therefore your members which are upon the earth; fornication, uncleanness, inordinate affection, evil concupiscence, and covetousness, which is idolatry
    Col 3:5

  • En die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pêrels, en sy het in haar hand 'n goue beker gehad, vol gruwels en die onreinheid van haar hoerery
    Openbaring 17:4

  • And the woman was arrayed in purple and scarlet color, and decked with gold and precious stones and pearls, having a golden cup in her hand full of abominations and filthiness of her fornication
    Rev 17:4

  • Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.
    1 Kor 6:9-10

  • Know ye not that the unrighteous shall not inherit the kingdom of God? Be not deceived: neither fornicators, nor idolaters, nor adulterers, nor effeminate, nor abusers of themselves with mankind, Nor thieves, nor covetous, nor drunkards, nor revilers, nor extortioners, shall inherit the kingdom of God.
    1Co 6: 9-10

  • Vlug vir die hoerery. Enige sonde wat 'n mens doen, is buite die liggaam; maar wie hoerery bedryf sondig teen sy eie liggaam.
    1 Kor 6:18

  • Flee fornication. Every sin that a man doeth is without the body; but he that committeth fornication sinneth against his own body.
    1Co 6:18

  • Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.
    Gal 3:28

  • There is neither Jew nor Greek, there is neither bond nor free, there is neither male nor female: for ye are all one in Christ Jesus
    Gal. 3:28

  • Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen sulke dinge is die wet nie. Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig. As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.
    Gal 5:22-25

  • But the fruit of the Spirit is love, joy, peace, longsuffering, gentleness, goodness, faith, Meekness, temperance: against such there is no law.
    And they that are Christ's have crucified the flesh with the affections and lusts. If we live in the Spirit, let us also walk in the Spirit.
    Gal 5:22-25

Die Deugsame Vrou

 

 

Tuis
Die Liefde
Die Weg
Jesus is Koning
God is goed
Innerlike Gesprek
Ekumenies
Alle gelowe dieselfde?
Christen in Naam
Sing your Song
Regstellende Aksie
Liewers laat
BBP's
Put your Money
Vroueregte
Big Brother
Goue Handdruk
Handevat
Moederaarde
Wine and Dine

Op
Deugsame Vrou

 

'n Christen ...

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

Swallow Software

 Engel met kruis

Bekering

Bybelteks

Bible Text

ARK Webontwerp © 2007-2023  ARK Web Design © 2007-2023