Opgedateer: 3 Februarie 2023

    

 

 

 

 

 

Konsepte: Moederaarde

Wat maak 'n Christen met allerhande gedagtes, idees en norme wat daagliks opduik en wat sy of haar lewe probeer binnedring of wil manipuleer? Waar kry mens die waarheid en regte antwoorde en vanwaar kom daar raad? Die maatstaf vir die gelowige bly Gods Woord. Die Bybel belig alle aspekte van die mens se lewe, hetsy direk, of oorkoepelend en oorsigtelik. Dit bly egter die gelowige se ernstige plig om te bid, die Bybel te bestudeer en die Heilige Gees te vertrou om mens te lei en te leer.

Vir ons volledige inleiding sien: Konsepte: Volledige Inleiding

Konsepte wat onder die soeklig kom is:

Moederaarde en Moeder Natuur

Kaleidoskoop: Berglandskap

Die uitdrukkings Moederaarde en Moeder Natuur is iets wat deesdae maar al te veel gehoor word, veral in die konteks van omgewingsbewaring.

Moederaarde is 'n heidense uitdrukking wat verwys na godinne van verskeie legendes. Dit speel ook deesdae 'n rol in baie van die nuwe godsdienste of bewegings wat ontstaan het die afgelope dekade.

As Christene weet ons dat God die Skepper is, dat Hy nie Sy skepping vergeet het nie, maar ook aan die mens opdrag gegee het om die aarde te versorg.

Christene het niks te make met Moederaarde, Moeder Natuur of soortgelyke bygelowe nie. Waarom dan nog gedurig van "haar" praat en na "haar" verwys asof sy kragte het en bestaan of betekenis het?

Ons hemelse Vader beheer die aarde, hemel en heelal. Vanaf die kleinste atoompie tot die uiters verre planete in onsigbare heelalle in die buitenste ruimtes.

"Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God is,
en daar is geen ander nie;
Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie"
Jesaja 46:9

answersingenesis.org

 

 

Tuis
Die Liefde
Die Weg
Jesus is Koning
God is goed
Innerlike Gesprek
Ekumenies
Alle gelowe dieselfde?
Christen in Naam
Sing your Song
Regstellende Aksie
Liewers laat
BBP's
Put your Money
Vroueregte
Big Brother
Goue Handdruk
Handevat
Moederaarde
Wine and Dine

Op

 

'n Christen ...

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

Swallow Software

 Engel met kruis

Bekering

Bybelteks

Bible Text

ARK Webontwerp © 2007-2023  ARK Web Design © 2007-2023