Opgedateer: 3 Februarie 2023

    

 

 

Konsepte: Christen in naam

Wat maak 'n Christen met allerhande gedagtes, idees en norme wat daagliks opduik en wat sy of haar lewe probeer binnedring of wil manipuleer? Waar kry mens die waarheid en regte antwoorde en vanwaar kom daar raad? Die maatstaf vir die gelowige bly Gods Woord. Die Bybel belig alle aspekte van die mens se lewe, hetsy direk, of oorkoepelend en oorsigtelik. Dit bly egter die gelowige se ernstige plig om te bid, die Bybel te bestudeer en die Heilige Gees te vertrou om mens te lei en te leer.

Vir ons volledige inleiding sien: Konsepte: Volledige Inleiding

Konsepte wat onder die soeklig kom is:

Christen in naam

Die tekens is oral is sig. Daar is baie wat pragtige suiwer goue kruisies om die hals dra, vissie-Christene plak plakkers met Christelike spreuke op hul voertuig se agterste vensters of buffers, ander bou groot kristal paleise en noem dit 'n kerk en baie praat "Christenees", omdat hulle die samesyn van 'n "kerk" wil ervaar. Wat is nou lekkerder as om tyd deur te bring by mense wat skoon, netjies en gemoedelik is en jou nog, na die byeenkoms, iets lekkers gee om te eet en te drink?

Tog is al dié dinge bloot net uiterlik en hipokritiese vertoon. Dit het eintlik niks of min te doen met ware Christenskap. Ja, ons moenie skaam wees vir ons Christelike geloof nie, maar Christenskap is veel meer as 'n saamkomklub of klein artikeltjies soos juwele, prentjies, plakkertjies of graffiti op 'n muur. Christenskap is die opstanding in 'n nuwe lewe van geloof in Jesus Christus. 'n Vaste wete dat God ons gered het en daagliks, minuut vir minuut lei, dra en onderhou.

Die Bybelvers in 1 Johannes 1 vers 6 sê ons aksies moet God se liefde in ons uitstraal. (1 Johannes 1:6 As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie.)

As onnadenkende, vieslike gedrag deel van ons menswees is, loop ons in die duisternis en eer en dien nie die Here nie. Ons afvallige gedrag weerspreek dan ons verklaring van Christenskap en ons leef net 'n leuen uit, wat die Here oneer aandoen en Hom 'n bespotting in die wêreldlinge se monde, oë en harte maak.

Jesus het as mens vir ons 'n voorbeeld gestel, sodat ons wat gered is, los kan kom van die ou sondige natuur. Ons wat dood is vir sonde, as gevolg van die kruisdood van Christus, kan nou leef in geregtigheid wat deur Jesus se offerande volbring is.
1 Peter 2:21 ― Geneva Bible 1599
21   For hereunto ye are called: for Christ also suffred for you, leauing you an ensample that ye should follow His steppes.

Daar is gevaar en ewige gevolge vir mense wat dink hulle is gered, maar dit nié is nie. Kyk wat sê oa Openbaring en Matthéüs van mense wie se verhouding nie reg is met die Here nie.
Revelation of John 3:14-15 ― Geneva Bible 1599
14   And vnto the Angell of the Church of the Laodiceans write, These things saieth Amen, the faithfull and true witnesse, that beginning of the creatures of God.

15   I knowe thy woorkes, that thou art neither colde nor hote: I woulde thou werest colde or hote

Matthew 7: 21-23 ― Geneva Bible 1599
21   Not euery one that sayeth vnto Me, Lord, Lord, shall enter into the kingdome of heauen, but he that doeth my Fathers will which is in heauen.

22   Many will say to Me in that day, Lord, Lord, haue we not by Thy Name prophecied? and by Thy Name cast out deuils? and by Thy Name done many great workes?

23   And then will I professe to them, I neuer knewe you: depart from Me, ye that worke iniquitie.

Moenie net 'n Christen in naam of denominasie wees nie. Ondersoek jou geloof en geloofslewe met groot erns. Maak seker jy volg die ware Jesus en die Bybelse Christelike geloof. Maak jou sake reg met die Here, gee jou hart vir Hom en lewe voluit vir Hom.


 

 

Tuis
Die Liefde
Die Weg
Jesus is Koning
God is goed
Innerlike Gesprek
Ekumenies
Alle gelowe dieselfde?
Christen in Naam
Sing your Song
Regstellende Aksie
Liewers laat
BBP's
Put your Money
Vroueregte
Big Brother
Goue Handdruk
Handevat
Moederaarde
Wine and Dine

Op

 

'n Christen ...

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

Swallow Software

 Engel met kruis

Bekering

Bybelteks

Bible Text

ARK Webontwerp © 2007-2023  ARK Web Design © 2007-2023